Museo del Prado

Spaanse nasionale kunsmuseum in Madrid, Spanje
Museo del Prado
'n Beeld van die museum.
Die Museo del Prado

Plek Madrid
Land Spanje
Openingsjaar 19 November 1819
Tipe museum Kunsmuseum, historiese museum
Webtuiste www.museodelprado.es

Die Prado Museum (Spaans: Museo del Prado; Spaanse fonetiese spelling: muˈseo ðel ˈpɾaðo), amptelik bekend as die Museo Nacional del Prado, is Spanje se belangrikste nasionale kunsmuseum. Dit is geleë in sentraal-Madrid. Dit beskik oor die gesogste versamelings Europese kuns, wat dateer uit die 12de eeu tot die vroeë 20ste eeu. Dit is gebaseer op die voormalige Spaanse Koninklike Versameling. As sulks is dit die enkele beste versameling van Spaanse kuns. Dit is aanvanklik in 1819 gestig as 'n skilder- en beeldhoumuseum, maar huisves ook belangrike versamelings van ander soort werke. Die Museo Nacional de Prado is een van die mees besoekte museums in die wêreld. Verskeie werke deur Goya, die mees verteenwoordigde kunstenaar in die museum, sowel as werke deur Bosch, El Greco, Rubens, Titiaan, en Velázquez, is slegs sommige van die hoogtepunte uit dié versameling. Velázquez, met sy skerp oog en aanvoeling vir kuns, was ook verantwoordelik daarvoor dat groot dele van die museum se versameling Italiaanse meesterwerke vanuit Italië na Spanje oorgebring is, wat dit tans die grootste versameling Italiaanse meesterwerke buite Italië maak.

Die versameling bestaan tans uit ongeveer 8,200 tekeninge, 7,600 skilderye, 4,800 gedrukte werke, en 1,000 beeldhouwerke, bykomend tot verskeie ander kunswerke en historiese dokumente. Met ingang 2012 het die museum nagenoeg 1,300 werke in die hoofgebou tentoongestel, terwyl omtrent 3,100 werke tydelik geleen is aan verskillende museums en amptelike instellings. Die restant van die werke word gestoor.[1]

Die Prado, met die nabygeleë Thyssen-Bornemisza Museum en die Museo Reina Sofía, vorm deel van Madrid se "Goue Driehoek van Kuns", wat in 2021 ingesluit is in UNESCO se lys van Wêrelderfenisgebiede.

Hoogtepunte van die versameling

wysig
 
Hieronymus Bosch, Die Tuin van Aardse Plesiere , tussen 1480 en 1505.
 
Diego Velázquez, Las Meninas, tussen 1656 en 1657.
 
Diego Velázquez, Die Triomf van Bacchus, 1628–29
 
Fra Angelico, Die Aankondiging, 1430–32
 
Raphael, Christus Struikel op pad na Golgotha, 1517
 
Pieter Bruegel die Ouere, Die Triomf van die Dood, omstreeks 1562
 
Rubens, Die Aanbidding deur die Drie Wyses, 1609/1628-1629
 
Rubens, Die Drie Genades, omstreeks 1635

'n Keur uit die versameling

wysig

Verwysings

wysig
  1. "The Collection: origins". Museo Nacional del Prado. Besoek op 15 November 2012.Sien ook Museo del Prado, Catálogo de las pinturas, 1996, Ministerio de Educación y Cultura, Madrid, Geen ISBN, wat omtrent 7,800 skilderye lys. Baie werke is deur die jare aan die Museo Reina Sofia en aan ander museums geskenk; ander werke word weer geleen of gestoor. Met betrekking tot die nuwe tentoonstellings, sien El Prado se reordena y agranda. europapress.es here (in Spaans)

Verdere leesmateriaal

wysig
  • Araujo Sánchez, Ceferino. Los museos de España. Madrid 1875.
  • Blanco, Antonio. Museo del Prado. Catálago de la Escultura. I Esculturas clásicas. II. Escultura, copia e imitaciones de las antiguas) (siglos XVI–XVIII). Madrid 1957.
  • Luca de Tena, Consuelo and Mena, Manuela. Guía actualizada del Prado. Madrid: Alfiz 1985.
  • Rumeu de Armas, Antonio. Origen y fundación del Museo del Prado. Madrid: Instituto de España 1980.

Eksterne skakels

wysig
  NODES