Narmer

Egiptiese farao van die 1ste Dinastie

Narmer was die eerste Egiptiese farao van die 1ste Dinastie (omstreeks die 31ste eeu v.C.) en moontlik die opvolger van die protodinastiese farao Ka. Hy word deur die meeste Egiptoloë beskou as die koning wat Bo- en Benede-Egipte verenig het.

Narmer
Dalk ook Menes
’n Uitbeelding van Narmer op die Narmer-palet.
’n Uitbeelding van Narmer op die Narmer-palet.
Farao van die 1ste Dinastie
Periode 31ste eeu v.C.
Voorganger Ka (waarskynlik)
Opvolger Hor-Aha
Narmer in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
Nebty-naam
G16
mn
n
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
mn
n
i
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Die identiteit van Narmer is omstrede, hoewel die meeste Egiptoloë saamstem[1][2][3][4] dat hy dieselfde persoon as farao Menes is. Dié kry ook krediet daarvoor dat hy Egipte verenig het.

Naam en bewind

wysig

Vir die 1ste Dinastie word die Horusnaam, ’n deel van koninklike name wat met die god Horus verbind word, in argeologiese rekords gebruik, terwyl die historiese koningslyste ’n alternatiewe naam, die Nebtynaam, gebruik.[2][1] Die name is dikwels saam gebruik, maar baiekeer apart.[1]

Die beroemde Narmer-palet, wat in 1898 deur James E. Quibell in Hierakonpolis ontdek is,[5] wys Narmer (’n Horusnaam) met die simbole van beide Bo- en Benede-Egipte, en dit het tot die teorie gelei dat hy Egipte verenig het.[6] Alle Egiptoloë stem egter nie saam dat hy en Menes (’n Nebtynaam) dieselfde persoon is nie. Sommige glo Menes is dieselfde persoon as Hor-Aha (’n Horusnaam) en dat hy ’n reeds verenigde Egipte van Narmer geërf het.[7]

Twee dodeakker-modderseels wat onlangs in grafkelders by Abydos ontdek is, gee Narmer aan as die stigter van die 1ste Dinastie en sy opvolger as Hor-Aha. Die seel gee al agt konings in die regte volgorde aan, maar die Nebtynaam Menes word nie genoem nie.

Grafkelder

wysig
 
Kamers B17 en B18 by Umm el-Qa'ab is die grafkelder van Narmer.

Narmer se grafkelder bestaan uit twee aangrensende kamers (B17 en B18) wat by Abydos ontdek is. Dit is naby die grafkelder van farao Ka, wat net voor hom oor Bo-Egipte regeer het.[8]

Narmer se naam is op 12 argeologiese terreine gevind: in Bo-Egipte (Hierakonpolis, Naqada en Abydos), in Benede-Egipte (Tarchan, Helwan, Zawjet el'Arjan, Tell Ibrahim Awad, Ezbet el-Tell, Minsjat Aboe Omar en Kafr Hassan Dawood), in Wadi el-Qaash en in die Charga-oasis.

Tydens Narmer se bewind het Egipte ’n aktiewe ekonomiese teenwoordigheid in Suid-Kanaän gehad. Potskerwe wat in Egipte gemaak is en ander wat plaaslik in die Egiptiese styl gemaak is, laat dit lyk of Kanaän ’n kolonie van Egipte kon gewees het[9] ná ’n militêre inval,[10] hoewel dit nie algemeen aanvaar word nie.[11][12] Versterkings by Tel es-Sakan uit dié tyd dui op ’n militêre teenwoordigheid, al was dit nie vanweë ’n inval nie.[13]

Verwysings

wysig
  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. 1,0 1,1 1,2 Lloyd 1994, p. 7
  2. 2,0 2,1 Edwards 1971, p. 13
  3. Cervelló-Autuori 2003, p. 174
  4. Heagy 2014, pp. 59-92
  5. Quibell 1898, pp. 81–84, pl. XII–XIII.
  6. Gardiner 1961, p. 403–4.
  7. Midant-Reynes 2000, pp. 243–50.
  8. Dreyer 1999, pp. 110–11.
  9. Porat 1986–87, p. 119.
  10. Yadin 1955, pp. 1-16.
  11. Campagno 2008, pp. 695–96.
  12. Porat 1986–87, p. 109.
  13. de Miroschedji 2008, p. 2028–29.

Bibliografie

wysig
  • Cervelló-Autuori, Josep (2003), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists, 2000, 2, Cairo: The American University in Cairo Press, http://books.google.com/books?id=pJ48YP14qZQC&printsec=frontcover&source=gbs_v2_summary_r&cad=0#v=onepage&q&f=false .
  • Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History, 1, Cambridge: Cambridge University Press .
  • Lloyd, Alan B (1994) [1975], Herodotus: Book II, Leiden: E.J. Brill, ISBN 90-04-04179-6, http://books.google.co.uk/books?id=GQ7e1nuD9tcC .
  • Heagy, Thomas (2014), "Who was Menes?", Archeo-Nil 24: 59-92 
  • Gardiner, Alan (1961), Egypt of the Pharaohs, Oxford University Press .
  • Quibell, JE (1898). "Slate Palette from Hierakonpolis". Zeitschrift für ägyptische Sprache und Altertumskunde. 36..
  • Midant-Reynes, B (2000), The Prehistory of Egypt .
  • Porat, N (1986–87), "Local Industry of Egyptian Pottery in Southern Palestine during the Early Bronze Period", Bulletin of the Egyptological Seminar 8 .
  • Dreyer, G (1999), "Abydos, Umm el-Qa'ab", in Bard, KA; Shubert, SB, Encyclopedia of the Archaeology of Ancient Egypt, New York: Routledge, ISBN 0-415-18589-0 .
  • Dreyer, G (2000), "Egypt's Earliest Event", Egyptian Archaeology 16 
  • Campagno, M (2008), "Ethnicity and Changing Relationships between Egyptians and South Levantines during the Early Dynastic Period", in Midant-Reynes; Tristant, Y, Egypt at its Origins, 2, Leuven: Peeters, ISBN 978-90-429-1994-5 .
  • Yadin, Y (1955), "The Earliest record of Egypt Military Penetration into Asia?", Israel Exploration Journal 5 (1) .
  • de Miroschedji, P (2004), "Sakan, Tell Es-", in Stern, E; Geva, H; Paris, A, The new Encyclopedia of Archaeological Excavations in the Holy Land, Supplementary Volume, 5 .

Eksterne skakels

wysig
  NODES
Done 1
eth 1
orte 1
see 2
Story 2