Pirelli
Pirelli & C. S.p.A. is 'n multinasionale maatskappy gebaseer in Milaan, Italië en is sedert 1922 op die Milaanse "Borsa Italiana" genoteer.[1] Die maatskappy is die wêreld se sesde grootste bandvervaardiger,[2] na Bridgestone, Michelin, Continental en Goodyear en is gefokus op die verbruikersproduksie van bande vir motors, motorfietse en fietse. Dit is teenwoordig in Europa, die Asië-Stille Oseaan, Latyns-Amerika, Noord-Amerika en die voormalige Sowjetstate, wat kommersieel in meer as 160 lande verteenwoordig is. Dit het 19 vervaardigingspersele[3] in 13 lande, en 'n netwerk van ongeveer 14 600 verspreiders en kleinhandelaars.[4] In 2015 het China National Chemical Corp. Ltd. (ChemChina) die beherende belang van Pirelli oorgeneem; met die Chinese staatsbeheerde maatskappy wat ingestem het om die bandemaatskappy se eienaarskapstruktuur tot 2023 te handhaaf.
Pirelli & C. S.p.A. | |
Tipe | |
---|---|
Gestig | 1872 |
Hoofkantoor | Milaan, Italië |
Sleutelpersone | Li Fanrong (voorsitter) Marco Tronchetti Provera (adjunkvoorsitter en HUB) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiging |
Produkte | buitebande vir motorvoertuie, motorfietse en trapfietse |
Inkomste | € 6,6 miljard (2022) |
Bedryfsinkomste | € 595,6 miljoen (2022) |
Netto inkomste | € 435,9 miljoen (2022) |
Werknemers | 31 301(2022) |
Dogter- maatskappye | Pirelli Tyre S.p.A. |
Webwerf | pirelli.com |
Formule Een
wysigPirelli is veral bekend by die publiek daarvoor dat hulle sedert 2011 die alleenverskaffer van bande aan alle Formule Een-renspanne is.[5] Dit sluit ook toegewyde navorsing en ontwikkeling in.[6]
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Pirelli. |
- Pirelli se amptelike korporatiewe webwerf
- PirelliTyre.com Geargiveer 20 November 2008 op Wayback Machine
Verwysings
wysig- ↑ "Pirelli Company Profile" (PDF). Borsa Italiana. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Maart 2014. Besoek op 21 Februarie 2013.
- ↑ "Largest Tire Manufacturers in the World". Car logos (in Engels (VK)). 30 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2020. Besoek op 22 Junie 2020.
- ↑ "Pirelli – About us". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2017. Besoek op 29 Junie 2017.
- ↑ "Pirelli Company Presentation" (PDF). Pirelli. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2018. Besoek op 18 Mei 2018.
- ↑ Collantine, Keith (23 Junie 2010). "Pirelli return to F1 after 20-year absence". F1 Fanatic. Keith Collantine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2010. Besoek op 23 Junie 2010.
- ↑ Collantine, Keith (18 Maart 2011). "Pirelli confirms six different colours for tyres". F1 Fanatic. Keith Collantine. Besoek op 18 Maart 2011.