Portwyn

Portugese gefortifiseerde wyn wat geproduseer word in die Douro-vallei van noord-Portugal

Portwyn (ook bekend as vinho do Porto, Portugese fonetiese uitspraak: viɲu duˈpoɾtu, of bloot port) is 'n Portugese gefortifiseerde wyn wat geproduseer word in die Douro-vallei van noord-Portugal.[1] Dit is tipies 'n soet rooiwyn, en word dikwels bedien saam met nagereg, alhoewel dit ook in droë, semi-droë en wit variëteite voorkom.

'n Glas portwyn
Amptelike waarborg-etiket op 'n bottel portwyn

Portwyn word ook geproduseer in ander lande soos Argentinië, Australië, Kanada, Frankryk, Indië, Suid-Afrika, Spanje, en die Verenigde State. Onder die Europese Unie se "Beskermde oorsprongsbenaming"-riglyne mag slegs wyn uit Portugal egter geëtiketteer word as "port".[2][3]

Verwysings

wysig
  1. Porter, Darwin & Danforth Price (2000) Frommer's Portugal 16th ed. IDG Books Worldwide, Inc. ISBN 0-02-863601-5
  2. Etikettering van wyn en sekere ander produkte van die wynindustrie Europa.eu
  3. "Office of the Law Revision Counsel, U.S. House of Representatives" Geargiveer 11 Mei 2013 op Wayback Machine

Eksterne skakels

wysig
  NODES
Done 1
orte 1
see 5