Sardies
Sardies of Sardyns (sardu) is 'n taal wat uitsluitlik op die tot Italië behorende eiland Sardinië deur c. 1,3 miljoen mense gepraat word (c. 80% van die eilandbewoners). Hulle is tweetalig Italiaans/Sardies.
Sardies sardu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Italië | |
Gebied: | Sardinië | |
Totale sprekers: | 1,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Suid-Romaans Sardies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Sardinië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Sardies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sc
| |
ISO 639-2: | srd
| |
ISO 639-3: | srd
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
In teenstelling tot Italiaans en ander Romaanse tale het Sardies nog baie fonetiese en taalkundige elemente van Latyn bewaar. Dit word dan ook oor die algemeen beskou as die mees konserwatiewe van alle Romaanse tale.
Deur 'n streekswet van 1997 en 'n wet van die Italiaanse Republiek van 1999 word Sardies amptelik met Italiaans gelykgestel, byvoorbeeld as bestuurs- en onderwystaal. In praktyk domineer Italiaans nog die openbare lewe.
Die belangrikste dialekte van Sardies is:
- Galluresies / Sassaresies (Noord-Sardinië), wat meestal tot Italiaans en nie in die eng sin tot Sardies gerekend word nie en wat baie nou aan Korsikaans verwant is.
- Logudoresies / Nuoresies (Noord- en Sentraal-Sardinië), wat dikwels onder die term Logudories saamgevat word.
- Kampidanesies (Suid-Sardinië)
Daar bestaan geen eenvormige spelling. In die afgelope paar jaar word heelwat bespreking oor 'n standaard gevoer.
Taalkunde
wysigBesonder opvallend aan Sardies is die bepaalde lidwoord: anders as ander Romaanse tale gebruik mens nie die Latynse demonstratiewevoornaamwoorde ILLU(M), LLA(M) (byvoorbeeld Italiaans il/lo, la, Frans le, la, Spaans el, la), maar IPSU(M)/ IPSA(M) (Sardies su en sa). Die meervoud in Sardies word gevormd met -s (soos in die Wes-Romaanse tale): sa domo > sas domos, su cane > sos canes.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig
Sien Sardisch in Wiktionary, die vrye woordeboek. |