Sesiumchloried
Sesiumchloried is 'n sout van die alkalimetaal sesium en die suur waterstofchloried.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Sesiumchloried |
Chemiese formule | CsCl |
Molêre massa | 168.36 |
CAS-nommer | 7647-17-8 |
Voorkoms | vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a =412 pm |
Ruimtegroep | Pm3m |
Nommer | 221 |
Strukturbericht | B2 |
Smeltpunt | 645 °C[1] |
Kookpunt | 1290 °C[1] |
Digtheid | 4 (rel. water)[1] |
Oplosbaarheid | opl. in water, metanol[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | geen |
LD50 | 2600 mg/kg (in rotte)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigDie stof het 'n eenvoudige kubiese struktuur met 'n primitiewe kubiese rooster. Dit het een formule-eenheid per sel (Z=1) en 'n Cs atoom in die (1a) Wyckoff-posisie (0,0,0) en 'n Cl atoom in die 1b posisie (½,½,½). Hierdie stof is die argetipe van die B2-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie.[2] Daar is talle stowwe wat hierdie tipe struktuur het of 'n struktuur wat hiervan afgelei is.
Dit is 'n stof met ioniese binding. Die Cs+-katioon word omring deur 'n kubus van agt chloried-anione. Die anioon word ook deur 'n kubus van katione omring.
Biologiese eienskappe
wysigSesiumchloried is in kankerterapie aangewend asook in eksperimentele modelle wat ventrikulêre aritmie opwek. Blootstelling aan die stof oor 270 dae veroorsaak egter breuke in die DNS van muise wat die genotoksiese en sitotoksiese eienskappe van hierdie stof demonstreer.[3]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 MSDS ScienceLab.
- ↑ The AFLOW Library of Crystallographic Prototypes Michael J. Mehl et. al..
- ↑ Study of DNA strand breaks ans apoptosis in spleen cells of mice continuously exposed to non-radioactive cesium chlorde Andreyan N. Osipov in: Metal Ions in Biology and Medicine: Les Ions Métalliques en Biologie Et en Médecine, Volume 9, John Libbey Eurotext, 2006, ISBN 274200629X, ISBN 9782742006298