Svante Arrhenius
Svante August Arrhenius (* 19 Februarie 1859 op die landgoed Vik naby Uppsala; † 2 Oktober 1927 in Stockholm) was 'n Sweedse chemikus en fisikus. Arrhenius is in 1884 gepromoveer tot doktor in die wetenskappe aan die universiteit van Uppsala. Sy proefskrif het gehandel oor die elektrolitise geleibaarheid. Hoewel sy kommissie die waarde van díe proefskrif nie onderken het nie het dit die uitgangspunt en grondslag geword van sy teorie oor elektrolitise dissosiasie. In 1903 het Arrhenius die Nobelprys vir Chemie ontvang[1] en in 1919 word hy direkteur van die Nobel-instituut vir fisiese chemie in Stockholm. Hy word beskou as een van die grondleggers van die fisiese chemie.
Svante Arrhenius | |
Svante Arrhenius
| |
Geboortenaam | Svante August Arrhenius |
---|---|
Gebore | 19 Februarie 1859 Wik-kasteel, Uppland, Swede |
Oorlede | 2 Oktober 1927 (op 68) Stockholm, Swede |
Nasionaliteit | Sweeds |
Vakgebied | Fisika, chemie |
Instelling(s) | Koninklike Instituut van Tegnologie, Swede |
Alma mater | Universiteit van Uppsala Universiteit van Stockholm |
Doktorale promotor(s) | Per Teodor Cleve, Erik Edlund |
Doktorale student(e) | Oskar Benjamin Klein |
Bekend vir | Arrhenius se vergelyking Teorie van ioniese dissosiasie Suur-basisteorie |
Toekennings | Nobelprys vir Chemie (1903) Franklinmedalje (1920) |
Verwysings
wysig- ↑ "The Nobel Prize in Chemistry 1903" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Svante Arrhenius.