Tiaré tahiti of Gardenia taitensis[2] (ook die Tahitiaanse Gardenia genoem) is ’n plantspesie in die Rubiaceae-familie. Dit is ’n immergroen tropiese struik wat tot 4 meter hoog word en het blink, donkergroen blare van 5–16 cm lank.

Tiaré tahiti
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. taitensis
Binomiale naam
Gardenia taitensis
Augustinus Pyramus de Candolle[1]

Die blom is roomwit, geurig en windmeultjievormig met vyf tot nege lobbe (elke lob is 2–4 cm lank). Dit is inheems aan die suidelike Stille Oseaan, en is een van die min kultuurplante wat inheems aan Polinesië is. Dit is die nasionale blom van Frans-Polinesië en die Cookeilande.

Die blom se name is effens misleidend omdat dit nie inheems aan Tahiti is nie. Die wetenskaplike naam is geskoei op voorbeelde wat die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville in 1824 uit Tahiti gebring het. Die plant het sy oorsprong in Wes-Polinesië en is deur vroeë setlaars na Frans-Polinesië gebring.[3]

Sinonieme

wysig
  • Gardenia weissichii
  • Gardenia tahitensis
  • Randia tahitensis

Gebruike

wysig
 
Van die blom word Monoi-olie, ’n parfuumolie, gemaak deur dit in klapperolie te laat lê.
  • Die Polinesiërs gebruik dit om blomhalssnoere te maak wat ei (Cookeilande), Hei (Tahiti) of Lei (Hawaii) genoem word.
  • Daar word geglo die plant het medisinale eienskappe en dit word vir verskeie kwale gebruik. In Samoa word inflammasie byvoorbeeld met dele van die plant behandel.[4]
  • Die blomme word in klapperolie laat lê om Monoi-olie te maak.[5]
  • Parfuum word ook soms gemaak, maar die hoë vervaardigingskoste maak dit nie kostedoeltreffend vir algemene handel nie. ’n Uitsondering is Tiare deur Ormonde Jayne, wat in 2009 bekendgestel is,[6] en Tiare deur Chantecaille.[7]
  • Tiaré word in sekere vel- en haarsorgmiddels gebruik.

Galery

wysig

Verwysings

wysig
  1. http://www.ipni.org/ipni/idPlantNameSearch.do?id=751281-1
  2. "Monoi and the Tiare Flower". Besoek op 4 Januarie 2016.
  3. "Gardenia taitensis – National Tropical Garden Plant Database". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2012. Besoek op 6 Augustus 2016.
  4. Polynesian herbal medicine By W Arthur Whistler (1992) ble. 52, 69, 150 Google Books
  5. The History of Monoi Tiare Tahiti at Monoi.com Geargiveer 2 Augustus 2016 op Wayback Machine
  6. Ormonde Jayne – Tiare-perfuumversameling Geargiveer 22 April 2011 op Wayback Machine deur Linda Pilkington
  7. Chantecaille Tiare-parfuum Geargiveer 8 Julie 2011 op Wayback Machine by chantecaille.com

Eksterne skakels

wysig


  NODES