Verenigde Rusland
Verenigde Rusland (Russies: Еди́ная Росси́я, Jedínaja Rossíja) is ’n middel-regse[1] politieke party in Rusland en die grootste party in die land, met tans 238 van die 450 setels in die Doema. Die party is in Desember 2001 gestig toe die Eenheidsparty van Rusland en die Vaderland-party saamgesmelt het.
Единая Россия | |
ER | |
Leier | Dmitri Medwedef |
---|---|
Gestig | 1 Desember 2001 |
Samesmelting van | Eenheidsparty en Vaderland-party |
Hoofkwartier | Moskou |
Jeugvleuel | Jong Wag van die Verenigde Rusland |
Ideologie | Sentrisme, Konserwatisme, Statisme |
Amptelike kleure | Wit, blou, rooi |
Webblad | er.ru |
Dit beskou homself ideologies as ’n "Russiese konserwatiewe" party en steun die beleid van die presidensiële administrasie van Wladimir Poetin. Die party se verbinding met die voormalige president en huidige eerste minister, Dmitri Medwedef, wat tans die leier van die party is, is die sleutel tot sy sukses.
Hoewel die gewildheid daarvan afgeneem het van 64,4% in die 2007-parlementsverkiesing tot 49,32% in die 2011-verkiesing, is dit steeds verreweg die gewildste party in die land. Die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie is tweede, met 19,19%.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- ↑ White, Stephen (2005). "The Political Parties". In White; Gitelman; Sakwa (reds.). Developments in Russian Politics. Vol. 6. Duke University Press. ISBN 0-8223-3522-0.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Verenigde Rusland.