Virginia-klas duikboot

Amerikaanse kernkrag aangedrewe duikbote

Die Virginia-klas duikboot is die nuutste klas van die Amerikaanse Vloot. Nadat die Koue Oorlog beëindig is, het die Amerikaners besef dat hulle duikbootbehoeftes drasties gaan verander, baie minder duikbote wat ballistiese missiele dra benodig sal word en dat die duikbote van die toekoms meer veelsydig moet wees.

USS Virginia in vaart
Profiel van USS Virginia

Die hele duikboot is met 'n rekenaar ontwerp. Die duikboot moet kan aanpas by die veranderde behoeftes, missies en dreigemente wat mag opduik. Die ontwerpbeginsel is dat die duikboot by nuwe omstandighede moet kan aanpas deur nuwe tegnologie met geïntegreerde elektroniese stelsels te kan koppel.

Ander kenmerke is dat die duikboot se sonarstelsel die grootste seinverwerkingsvermoë het van alle bestaande duikbootjagters. Dit beskik oor 'n spesiale vertrek wat oor 'n Integrering Aan/Af fasiliteit beskik, die vertrek word gebruik in operasies te same met die Spesiale Magte wat oor onderwater vaartuie beskik. Dit beskik ook oor 'n verskeidenheid wapens wat swaargewigtorpedo's, seemyne, Tomahawk-kruisermissiele asook onbemande onderwatervaartuie insluit.

Tegniese besonderhede

wysig
Besonderhede van die Virginia-klas duikboot:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 6 567 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 7 900 metrieke ton
Lengte 115 m
Breedte 10,36 m
Aandrywing 1 x S9G kernreaktor
Spoed (oppervlak) 20,0 knope
Spoed (onderwater) 25,0 knope
Bemanning 113 persone
Wapens 4 x 533 mm torpedobuise
Mk 48 ADCAP torpedo's
12 buise vir Tomahawk-missiele
Seemyne
SEAL afleweringstelsel
Onbemande onderwatervaartuie
  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
  NODES