Vlag van Botswana

Die nasionale vlag van Botswana is op 30 September 1966, toe die land sy onafhanklikheid verkry het, amptelik in gebruik geneem en het die Union Jack vervang.[1] Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in bane van blou, swart en blou met wit fraiings langs die swart baan. Dit is een van min vlae van Afrikalande wat nóg die Pan-Afrika kleure nóg die kleure van die leidende party gebruik.[2] Die bane aan die wapperkant het ’n amptelike verhouding van 9:1:4:1:9.[3]

Vlag van Botswana
Vlag van Botswana
Vlag van Botswana
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 30 September 1966
Ontwerp ’n Horisontale driekleurige vlag van ligblou, swart en ligblou met wit fraiings.

Simboliek

wysig
 
’n Wapperende vlag van Botswana

Die kleure van die vlag het kulturele, politieke en streeksbetekenisse. Die ligblou verteenwoordig water — veral in sy vorm van reën,[4] aangesien dit ’n kosbare bron is in Botswana, wat op landbou staatmaak,[5] en weens die droë en dorre klimaat van die Kalahariwoestyn onder reëlmatige droogtes gebuk gaan.[2][5][6] Die blou verwys ook na die leuse op die wapen van Botswana — Pula, wat in Tswana “Laat daar reën wees” beteken[5] — sowel as die lewe wat deur water onderhou word.[2]

Die swart band met die wit fraiing het twee betekenisse. Eerstens simboliseer dit die harmonie en samewerking tussen die mense van verskillende rasse wat in Botswana bly, asook die rassediversiteit in die land.[6][7] Verder verteenwoordig dit die strepe van die sebra, die nasionale dier van Botswana wat die nasionale wapenskild ondersteun.[5][7]

Ontwerp

wysig
 
Konstruksietekening

Geskiedenis

wysig

In 1885 het Betsjoeanaland ’n protektoraat van die Verenigde Koninkryk binne die Britse Ryk geword. Dit het gebeur nadat die leiers van die Tswanas met die Britte onderhandel het om aan hulle beskerming te verleen teen die Boere wat hul land uit die naburige Zuid-Afrikaansche Republiek binnegeval het.[8] Ten spyte van hierdie nuutgevonde beskerming het Suid-Afrika steeds die Britte onder druk geplaas om hulle toe te laat om Betsjoeanaland tot hul unie te annekseer.[6][8] Dit het weens die wydverspreide teenkanting van die Batswana-bevolking egter nie gebeur nie,[8] en Betsjoeanaland het in 1966 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry; die nuwe nasie in na Botswana hernoem.[6]

Voor sy onafhanklikheid het Botswana nie oor sy eie koloniale vlag beskik nie,[6] en die vlag van die Verenigde Koninkryk is as die de facto-vlag van die protektoraat gebruik. Toe Botswana se nasionale vlag in 1966 geskep is, is dit simbolies ontwerp om in kontras met die destydse vlag van Suid-Afrika te wees,[3] aangesien laasgenoemde land onder ’n apartheidsregime verkeer het.[6] Vervolgens toon die swart streep met die wit fraiings die vrede en harmonie tussen die mense van Afrika- en Europese afkoms wat in Botswana bly.[2] Die nuwe vlag is middernag op 30 September 1966, die dag toe Botswana ’n onafhanklike land geword het, vir die eerste keer gehys.[3][9]

Ander vlae

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "The meaning behind the Botswana flag". YourBotswana. Besoek op 14 September 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Dorling Kindersley (3 November 2008). Complete Flags of the World. Dorling Kindersley Ltd. p. 101. Besoek op 14 September 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 (en) Molosi, Donald. "9-1-4-1-9: Decoding the Botswana Flag". The Patriot on Sunday. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 14 September 2020.
  4. (en) "Botswana". The World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 14 September 2020.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) Carol P. Shaw (2004). Flags. HarperCollins UK. p. 51. Besoek op 14 September 2020.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 (en) Smith, Whitney "Botswana, flag of". Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica, Inc.. URL besoek op 14 September 2020. 
  7. 7,0 7,1 (en) Behnke, Alison (2009). Botswana in Pictures. Twenty-First Century Books. pp. 51. Besoek op 14 September 2020. flag of botswana.
  8. 8,0 8,1 8,2 (en) "History of Botswana". Lonely Planet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2020. Besoek op 14 September 2020.
  9. (en) David J. Paine (29 September 1966). "New nation raises flag". Regina: The Leader-Post. Associated Press. Besoek op 14 September 2020.

Eksterne skakels

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
  NODES
Coding 1
Done 1
see 2
Story 1