Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 Junie
17 Junie: Onafhanklikheidsdag in Ysland (1944)
- 1775 – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Britse magte neem Bunker Hill buite Boston, Massachusetts, oor.
- 1789 – Tydens die Franse Rewolusie roep die Derde Stand (Frans:Tiers état) van Frankryk 'n nasionale vergadering uit.
- 1795 – Kaapse burgers beset die drosdy in Swellendam waarna die Republiek van Swellendam uitgeroep word.
- 1924 – Die Pakt-regering word gevorm nadat 'n koalisie tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty die Suid-Afrikaanse Party in die algemene verkiesing verslaan.
- 1991 – Die Wet op Bevolkingsregistrasie, een van die hoekstene van Apartheid, word deur die Suid-Afrikaanse parlement opgehef.