Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Junie
7 Junie: Joernalistedag in Argentinië (1810).
- 1679 – Jerewan, die hoofstad van Armenië, word deur 'n massiewe aardbewing verwoes.
- 1905 – Noorweë onttrek uit die unie met Swede.
- 1948 – Edvard Beneš bedank as president van Tsjeggo-Slowakye eerder as om 'n grondwet te teken wat sy land in 'n Kommunistiese staat sou omskep.
- 1954 – Alan Turing sterf. Hy word as een van die grondleggers van die moderne rekenaarwetenskap beskou.
- 1981 – Israel vernietig die Osirak-kernaanleg naby Bagdad in Irak uit vrees dat dit vir die vervaardiging van atoombomme gebruik sou kon word.