graaf
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
graaf | grawe |
- Sedert begin 13de eeu in Middelnederlands as graf, graue, greve opgeteken. Dit was oorspronklik 'n amptenaar van die Frankiese konings, maar die amp het later erflik geword. Die woord kom waarskynlik van Latyn grāvius wat van bisantyns-Grieks grapheús (skrywer) stam.[1]
- (geskiedenis) 'n Adellike titel uit die feodale tydperk; edelman.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
graaf | grawe |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
grafie | grafies |
- (gereedskap) Waarmee ’n mens spit of grond skep.
- 'n Tipiese graaf het 'n lang handvatsel met 'n breë blad en 'n vastrapplek vir die voete bo-aan (waarmee die graaf in die grond in gedryf word).
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | graaf |
Verlede Tyd | ek | het gegraaf |
- Om te spit; te delf; 'n gat met die hande of 'n werktuig in die grond maak.
- Krap; omwoel.
- Waarna graaf jy so naarstiglik?
- Hy graaf deur sy papiere.
- Wie 'n put graaf vir 'n ander, val self daarin.
- Wys waar Dawid die wortels gegraaf het (iemand berispe).
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor graaf.
Enkelvoud | Meervoud | |
---|---|---|
Naamwoord | graaf m | graven |
Verkleinwoord | graafje | graafjes |
Verouderde vorme | ||
Genitief | graven | graven |
- Hulp:IPA: [ɣraf]
-
(lêer)
- (geskiedenis) Graaf; adelike persoon
- eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van graven
- (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van graven
- gebiedende wys van graven
- 1.: Ik graaf.
- 2.: Graaf je?
- 3.: Graaf!