'n Plek waar twee of meer paaie of roetes by mekaar uitkom voor hulle verder strek.
'n Merk van tipies twee strepies wat met mekaar oorvleuel.
'n Houtkonstruksie bestaande uit 'n vertikale paal wat in die grond geplant is met 'n dwarsbalk daaraan vas waarteen die hande met spykers vasgenael word sodat die arms horisontaal uitstrek, en die voete teen die paal - gebruik om doodstraf toe te dien in die tyd van die Bybel en waarop Jesus Christus bv. gesterf het.
'n Simbool (in die vorm van die houtkruis hierbo beskryf) wat lojaliteit of eensgesindheid met die Christengeloof aandui.
Die kant van 'n muntstuk waarteen die kop, of beeld wat eie is aan die tipe munt, vertoon word.
'n Swaar las of lyding wat moontlik verduur moet word.
(musiek) 'n Teken in musiek om 'n noot 'n halftoon hoër te maak.
(biologie) Die deel van 'n dier (of mens) waar die agterpote of bene by die res van die liggaam aanheg.